Charlie is ‘n sewejarige seun naby Stellenbosch wat verwys is na ons sielkundige diens deur ‘n maatskaplike werker van Kindersorg.

Hy is na ons verwys weens aggressiewe gedrag by die skool asook tuis. Volgens sy onderwyseres het hy goed gesosialiseer en aangepas aan die begin van verlede jaar, maar sy gedrag het mettertyd verswak. Hy tree uiters aggressief op teenoor sy maats en dit is hierdie faktor, tesame met die feit dat hy akademies swak vorder, wat veroorsaak het dat hy graad I moes herhaal.

Sy pleegmoeder rapporteer ook dat hy sy maats by die huis slaan en sy speelgoed breek uit frustrasie. Verder sê sy dat hy met tye ‘n onseker kind is wat buitengewoon huilerig en emosioneel is. Charlie se onderwyseres beweer dat by belangstelling verloor het in dinge wat hy normaalweg geniet en beskryf sy emosies as wisselvalIig.

Charlie se ma het hom baie verwaarloos toe hy by haar gebly het. Sy het alkohol misbruik en baie min aandag aan bom gegee. Sy ouma het hom weggeneem van haar toe hy net drie jaar oud was. Hy het haar egter nog gereeld besoek en onthou nou nog hoe hulle oor en weer gekuier het. ‘n Jaar later is sy ma in ‘n motorongeluk oorlede.

Charlie en sy ouer suster het saam by hulle ouma gebly tot en met verlede jaar. Sy suster en ouma het nie goed oor die weg gekom nie en sy suster het toe besluit om by haar ander ouma te gaan woon.

Charlie was baie geheg aan sy suster en sedert verlede jaar sien hy haar bykans nooit nie; nog ‘n groot verlies vir hom na sy ma se dood. Dit is vandat sy suster weg is dat sy simptome begin het.

Ek het vir Charlie vir nege sessies gesien. Ek het eers ‘n volledige emosionele en skolastiese evaluering gedoen om ‘n holistiese beeld van Charlie se behoeftes te kry. Daarnakon ek aanbevelings maak aan die skool en Charlie se ouma raadgee oor sy toepaslike hantering. Verder het ek spelterapie met hom gedoen tov die verwerking van sy verliese en ander emosionele probleme.

Na afloop van terapie het sy ouma ‘n groot verandering in hom gesien. Sy sê hy is glad nie meer aggressief nie en huil nie meer sonder rede nie. Hy het ook meer energie en belangstelling en sy selfvertroue het aansienlik toegeneem. Sy onderwyseres bevestig bogenoemde en sê dat sy gedrag en skoolwerk baie verbeter bet. Dit was regtig ‘n plesier om vir Charlie te kon leer ken.

Die vermoë om sy beboeftes en gevoelens so duidelik uit te druk was vir my ongewoon vir ‘n kind van sy ouderdom. As ek dink aan alles wat hy al moes deurmaak in sy kort lewetjie, is dit vir my verbasend om te sien hoe veerkragtig hy is.

Dit help my om te glo in die aktualiseringspotensiaal in kinders wat net wag vir ‘n kans om te kan ontkiem.