Kwesbare kinders en jong volwassenes

Ons poog om gesinne te versterk en kwesbare kinders en jong volwassenes te help om emosionele en/of gedragsprobleme te oorkom wat hul algemene welstand sal beïnvloed.


Projekte in hierdie program sluit in:

  • Terapeutiese ondersteuning vir leerders in skole in benadeelde landelike- /semi-plattelandse gebiede en ook by Huis van Heerde-kinderhuis in Moorreesburg;
  • Voorsiening van leerontwikkeling aan leerders soos benodig;
  • Deelname aan jeugbemagtigingsprojekte.