Nuus

21Nov 2019

Voordat Sara van Tonder by GHSD as ‘n berader aangesluit het, was sy ‘n aantal jare ‘n entomoloog en het gewerk by die National Collection of Insects op die gebied van taksonomie en het ook ‘n paar nuwe spesies Bruchidae (insekte) beskryf. Nadat sy die wêreld van insekte verlaat het, het sy by SA Breweries, […]

21Nov 2019

Goeie Hoop Sielkundige Diens (http://www.ghsd.co.za/) het op 30 Oktober hul jaarlikse strategiese beplanningsessie op Stellenbosch gehad. ‘n GROOT DANKIE aan #Ezrah (https://www.ezrah.co.za/) vir die fasilitering daarvan deur Mariëtte Jacobs. Kontak Goeie Hoop Sielkundige Diens by ghps@telkomsa.net vir meer inligting. @Ezrah Community Training and Development

07Oct 2019

Geestesgesondheidsdag sal op 10 Oktober vanjaar op ‘n baie besondere manier in die Paarl gevier word. Maak seker dat jy die psigiatriese ondersteuningsgroep van die Goeie Hoop Sielkundige Diens wat met bewusmakingsplakkate oor hierdie belangrike onderwerp in Lady Greystraat sal wees, ondersteun.

21Aug 2019

Claire is in Johannesburg gebore waar sy haar laerskool voltooi het. Hulle het daarna na Somerset-Wes, Kaapstad, verhuis toe sy hoërskool begin het en sedertdien woon sy in Kaapstad. “Ek het altyd geweet dat ek met kinders wou werk,” sê Claire. “Dit het my gelei op ‘n reis wat my na verskillende universiteite en lande […]

18Jul 2019

Celia Julies is gebore en getoë in die Paarl waar sy steeds woonagtig is. “Een keer ‘n Paarliet, altyd ‘n Paarliet,” sê sy. Sy het haar voorgraadse studie tot op honneursvlak aan die Universiteit van Wes-Kaapland begin waar sy ‘n BA-graad met hoofvakke in Engels en Sielkunde voltooi het. Sy het daarna haar honneursgraad in […]

27May 2019

Marleen van Rooyen is ons hartlike en vriendelike netwerker van GHSD (Goeie Hoop Sielkundige Diens) op Stellenbosch wat sedert 2017 help met die bewusmaking van die belangrikheid van emosionele gesondheid en die diens wat ons lewer. Sy is ‘n goeie netwerker tussen belanghebbendes en sy dien ook op die bestuur van GHSD. Marleen is ‘n […]

03May 2019

Mariëtte Hutton, ‘n geakkrediteerde kunsterapeut, is ‘n begaafde kunstenaar wat met haar talent tot groot voordeel van GHSD (Goeie Hoop Sielkundige Diens) se kliëntebehandeling is. Sy is gebore in Vanderbijlpark waar sy haar kinderjare deurbring en trek met haar ouers na Sasolburg op 9-jarige ouderdom. Hulle gaan woon later in Alberton waar sy haar hoërskool […]

25Apr 2019

Helène Smit, een van die geregistreerde traumaberaders van Goeie Hoop Sielkundige Diens van Stellenbosch, is bekend vir haar liefdevolle en bedagsame geaardheid; eienskappe wat ‘n groot bate in hierdie instelling is waar daar met soveel trauma en stukkendheid gewerk word. Helène is gebore in Barrydale waarvandaan hulle gesin in haar negende jaar na Wolseley verhuis […]

25Apr 2019

Jenni Twigg, geregistreerde berader van Goeie Hoop Sielkundige Diens in Stellenbosch, asook van hul tak in die Paarl, is ‘n gebore Kapenaar wat haar graad in Sielkunde (BPsych) aan ‘n privaat universiteit, Midrand Graduate Institute te Durbanville behaal het. Omdat sy nog altyd ‘n passievolle belangstelling in die breër familiesisteem gehad het, het sy verder studeer […]

15Apr 2019

Toe ek vroeër vanjaar vir die eerste keer hoor hoe José Layman iemand in nood op die telefoon hanteer, het haar geduldige luistervermoë en rustige antwoorde my diep geraak. Hierdie boorling van Stellenbosch, getroud met Brandon Layman en ma van twee, Gené (19) en Jaydon (10), is sedert Januarie 2018 die kantoorbestuurder van GHSD (Goeie […]

  • 1
  • 2